Biltong Resepte en Kos Idees
MAKLIKE BILTONG QUICHE
400g Broskorsdeeg
100g Cheddarkaas, Grofgerasper
160g Gekerfde Closwa Beesbiltong
2 Eiers
250ml Room
Swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180'C. Rol broskorsdeeg op 'n meelbestrooide oppervlak dunner uit. Voer 'n gesmeerde tertbord van sowat 18cm uit met deeg. Sprinkel kaas onderin tertbak en rankskik biltong bo-op. Klits eiers en room saam. Gooi oor kaas en biltong en geur met peper. Bak vir sowat 35 minute in warm oond. Die eiermengsel moet gestol wees. Jy kan die quiche warm of teen kamertemperatuur voorsit.
​
Bron: Sarie Resepte
BILTONG MUFFINS
250ml Volgraanmeel
250ml Koekmeel
500ml biltong (fyn)
125ml Cheddar kaas
30 ml bakpoeier
3 eiers
200ml melk
100ml kookolie
5ml sout
15ml suurlemoensap
Meng die bestandele liggies saam
Skep in gesmeerde muffin panne en bak 11 minute by 220°C
Laat effens afkoel voor dit uitgekeer en met botter voorgesit word
Lewer 12 muffins
Bron: Biltong en Droëwors - Rooivleisbedryf
Plasing: Henriette Wessels
BILTONG POTBROOD
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
2ml sout
5ml mosterdpoeier
100g botter
100ml melk (ongeveer)
1 eier geklits
VULSEL
250ml gerasperde biltong
200g gladde maaskaas
15ml suurlemoensap
30ml gekapte pietersielie
mayonnaise om aan te klam
Berei die deeg deur droë bestandele saam te sif.
Sny botter met 'n mes in die meel in en vryf met vingerpunte in tot mengsel soos droë broodkrummels lyk.
Klits die melk en eier saam. Maak holte in die meelmengsel en voeg die vloeistof geleidelik by.
Meng vining tot 'n sagte deeg.
Keer uit om 'n meelbestrooide plank en knie liggies tot glad.
Rol uit in vierkant, sowat 10mm dik.
Meng vulselbestandele en smeer oor deeg, maar hou 25mm om die kante van die deeg oop.
Rol deeg op soos 'n rolkoek en verseel die kante met geklitste eier en water.
Druk liggies in waspapier toe en plaas sowat 30 min in die yskas
Sny deeg versigtig in 25mm skywe en pak met gesnyde kant na onder op die bodem van 'n nr 3 platboompotjie.
Begin in die middel en rangskik die oorblywende skywe in 'n sirkel.
Laat die pot se kante oop vir deeg om te rys.
Smeer die binnekant van deksel met kookolie of botter en maak die pot toe
Plaas oor 'n klein vuurtjie, sit 'n paar klein, warm kole op die deksel en bak 20-30min of to die brood goudbruin en gaar is.
Keer uit, laat effe afkoel en sit voor met bros groentestokkies en slaaiblare.
Bron: Biltong en Droëwors - Rooivleisbedryf
Plasing: Henriette Wessels
BILTONGPOTJIE
½kg biltong 500g pasta skulpies
2 uie, fyngesny 1 rooi en 1 groen soetrissie, gekap
olie 250ml room
500ml vleisektrak 400g gerasperde kaas
sout en peper na smaak
Braai uie en rissies in olie in pot.
Voeg vleisektrak en noedels by.
Kook tot pasta gaar is en water weggekook het.
Voeg room by, onthou potjie moet nog op vuur wees, dan biltong en kaas.
Roer deur en kook nog vir ± 5 minute.
Met die resep kan lekker gespeel word. Voeg enigiets by waarvan jy hou.